Landsdiens Junior Stap

Die Stapgroep

Op 19-20 Januarie het die juniors die San-roete by Break-away Trails op die plaas van Dirkie en Linette Kotze gaan stap. Die 22 leerlinge het die 25km twee dagstaproete uitputtend, maar lekker gevind.

Vir die meeste leerlinge was dit ‘n eerste kennismaking met stap. Sommiges van die het reeds besluit dit is nie vir hulle nie, terwyl ander dit as ‘n aangename ervaring wat weer gedoen gaan word, ervaar het. Die staproete is oorspronklik in 2016 deur die Hoërskool Landsdiens gemerk om te dien as die brons-stap vir die internasionale Presidents Awards wat by die skool deur Mev. Rens geadministreer word.

Eind goed, alles goed – daarvan kan al die stappers getuig, want tussen die versengende hitte en donderbuie van die afgelope tyd het almal droog en gemaklik gestap en geslaap en dit in tente.