Junior Landsdienskamp

Die graad 8 en 9 Landsdieners was die afgelope naweek op n Landsdienskamp te Camdeboo SAN Park in Graaff Reinet.

Die kampers het heerlike weer gehad en die program was lekker besig. Na die nes skrop, Vrydagmiddag kon die Landsdieners die terrein bietjie verken. Na aandete het hulle handwerk gedoen en speletjies gespeel. Dit lyk of kaartspeel  weer hoog mode  is en hulle het glad nie hu selfone gemis nie. 

Saterdagoggend na ontbyt het Rosemary Scheepers van SAN parke die kampers besig gehou. Hulle is op n lang skattejag stap deur die kamp en na n praatjie oor die parke het hulle in kompetisie formaat n vasvra oor die parke gehad. Hulle het ook verskeie ander speletjies gespeel soos 'Ecology pyramid 'game en 'Camdeboo challenge.'

Die middag na ete is hulle op Vallei van Verlatenheid toe. Dit is darem een van die mooiste plekke in ons land. Vandaar kon hulle ook sien waar die reuse vlag met vetplante geplant gaan word. Die kampers het ook deur die wildpark gery en dit was hartseer om te sien hoe leeg die dam en droog die veld is. 

Die aand het die graad 9 seuns die wors gebraai en daarna kon hulle lekker kuier om die vuur. Na die lang dag het n paar seuns nog kans gesien om die koppie agter die kampterrein uit te klim. 

Juffou Zizi en Juffrou Meyra wil vir Anneli Emmerich en Bennie Rens baie dankie se dat hulle saamgegaan het om die bus te bestuur en te help met die aktiwiteite. Dit word opreg waardeer.