Tennis - 23 Augustus 2017

Woensdag 23 Augustus het die Eerste tennisspan teen Burgersdorp se 1ste span gespeel. ANHS verloor ongelukkig 9-15. Van die matriek meisies het definitief met ‘n hoogtepunt afgesluit. Baie geluk aan Chrisna Wagenaar en Michelle Buys wat al hulle wedstryde gewen het.

Vrydag 25 en Saterdag 26 Augustus het die 1ste tennisspan ook op ‘n toer gegaan na Oos-Londen. Vrydagmiddag speel hulle teen Stutterheim en wen oortuigend 22-1. Saterdagoggend speel hulle teen Grens en daar wen hulle ook 11-9. Baie geluk julle.

Baie dankie ook aan die matriek tennisspelers wat vir so lank diens gedoen het in een of ander tennisspan. Julle gaan definitief gemis word.

Imiell Christensen het ook verlede naweek in die Zastrontoernooi deelgeneem. Hy en sy dubbelsmaatjie van St. Andrews eindig 2de in hulle afdeling. Baie geluk.