Luggeweerskiet Uitslae - Vrystaat Kampioenskappe

William-James Orrock, Ruan Esbach en Walt Vorster het op Vrydag, 18 Augustus, aan die semi-finaal van die Vrystaat Luggeweer skietkompetisie deelgeneem.

 Baie geluk aan William-James Orrock en Walt Vorster wat deurgedring na die finale rondte. Dit vind plaas op Saterdag, 26 Augustus 2017. Baie sterkte aan die manne!

Jane van Geems

Jane het die afgelope naweek in die OVL (Vrystaat) Ope geskiet wat gehou was in Vanderbijlpark.

In die 10m Olimpiese dissipliene wen sy Goud

In die 3P dissipliene wen sy Goud

Jane’ skiet ook ‘n vol kaart in die lê posisie 100/100

Baie geluk Jane!