ANHS vs Burgersdorp / Alies vs Blikkies

Die Buffels wen 12-8 en kry dit reg om Burgersdorp drie jaar in ‘n ry te klop, ‘n onoorwonne record van 2015 af. Drieë is gedruk deur Rohan Kruger en Keanu Heynes, Ryno Vorster slaag met 1 doelskop.

0/15 Klein Buffels

Die onder 15 rugby span van ANHS sluit hulle jaarlikse rugbyseisoen af met nog ‘n wen teen Burgersdorp. Die telling is 38-5. Drieë gedruk deur Divan Kruger (2), Zukhanye Phindane(1), Philela Ngcangca (1), Justin Jordaan (1) en Tsepiso Labane(1). Hierdie klein Buffels vaar uitsonderlik goed vanjaar. Hulle speel 11 wedstryde saam as span en verloor slegs die heel eerste wedstryd aan die begin van die jaar wat as proewe vir die span gedien het. In hierdie 11 wedstryde  teken hulle 435 punte aan en staan slegs 81 punte af. Voorwaar ‘n groot prestasie waarop Alieland voorwaar op kan trots wees. Doen so voort Klein Buffels…. Ons hou julle dop vir die toekoms!

Tweedespan / JB’s
Verloor 12-17.

0/16
Verloor 6-22

0/14 vs Burgersdorp 0/14
Alies wen 49 – 5!