Besonderse Rekords vir Alieland Buffels!

Jaco Myburgh kaptein van die Buffels vir 2017 is onoorwonne teen Burgersdorp. Hy speel reeds van Graad 1 as ‘n Buffeltjie teen Burgersdorp en van daardie jaar tot nou  in sy Graad 12 jaar het die span waarin hy speel nog nooit teen Burgersdorp verloor nie. Hy speel reeds 3 jaar vir die eerstespan en voor dit het die junior spanne waarin hy gespeel het nooit verloor nie. Dit is voorwaar ‘n besonderse prestasie!

Ryno Vorster seun van Righart Vorster kon in 2017 dieselfde skild lig wat sy pa in 1987 en 1989 ook gewen het teen Burgersdorp. Dis is voorwaar ‘n baie spesiale pa en seun prestasie! ‘n Ware voorbeeld van klein dorpie trots en rede waarom tuisdorp ondderrig altyd kosbaar, spesiaal en die moeite werd sal wees!!